Dokumente en inligting

Doop

Voornemende doopouers moet minstens 2 maande voor die bediening van die doop die leraar en kerkkantoor kontak om die datum te bevestig. Doopkategese sal met die ouers gereël word. Onderstaande dokument moet ingevul en ingedien word by die kerkkantoor.

Huwelike

Voornemende egpare moet minstens 2 maande voor die bevestiging van die huwelik kennis gee aan die leraar en die Kerkkantoor, sodat die datum van die troue bevestig kan word. Huwelikskategese sal met die egpaar gereël word. Onderstaande dokument moet ingevul word en saam met bykomende dokumente (Soos uiteengesit in onderstaande dokument) ingedien word by die kerkkantoor of aan die leraar besorg word.